|

AfriForum herstel slaggate in Frankfort

Die AfriForum-tak in Frankfort het oor die afgelope weke slaggate in dié dorp herstel in samewerking met die Mafube Besigheidsforum. Dié projek word al vir ’n geruime tyd gedryf omdat die Mafube Plaaslike Munisipaliteit versuim om die slaggate te herstel. Die tak het 400 sakke teer ter waarde van R33 000, asook seëlaar ter waarde van R4 000 aangekoop om die slaggate te herstel.

“Hierdie is ’n uitstekende voorbeeld van hoe ’n gemeenskap kan saamwerk om probleme self op te los,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekshoof vir die sentraalstreek.

“Ons is dankbaar vir die goeie samewerking tussen die AfriForum-tak en die Mafube Besigheidsforum, wat só ‘n daadwerklike verskil in die gemeenskap tot gevolg het. Waar die munisipaliteit versuim om sy plig na te kom, sal AfriForum en ander rolspelers in die gemeenskap dié werk self doen om te verseker dat ons dorp nie – soos die munisipaliteit – verval nie.”

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en sluit by jou naaste AfriForum-tak aan: SMS “Frankfort” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings