|

AfriForum se Heidelberg-tak skop #OnsDorp-projek af

Die AfriForum-tak in Heidelberg het op 29 September die #Onsdorp-projek afgeskop. ’n Boom is aan die plaaslike Voortrekkerkommando geskenk en op dié dag by die Ou Tronk in dié dorp geplant.

Dewet Ungerer, AfriForum se koördineerder vir die Gauteng-Suid-area, sê dit is ’n riem onder die hart vir dié tak om met die plaaslike Voortrekkerkommando saam te werk.

“Bome is ’n erfenis. Dit is ’n belangrike deel van die ekostelsel en is ’n natuurlike hulpbron waarsonder niemand in staat sal wees om te oorleef nie. Bome verskaf suurstof, skaduwee en voedsel,” sê Ungerer.

Daar is ook by die Ou Tronk skoongemaak as deel van ’n gemeenskapsprojek om dié gebou in ’n gemeenskapsentrum te omskep. AfriForum is van plan om ’n groentetuin by die sentrum aan te plant.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en sluit by jou plaaslike AfriForum-tak aan: SMS “Heidelberg” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings