|

AfriForum stig buurtwag in De Doorns

AfriForum se Worcester-tak het op 26 Augustus ’n buurtwag in De Doorns gestig.

“Die De Doorns-gemeenskap neem self verantwoordelikheid vir hul veiligheid en die buurtwag sien daarna uit om met die SAPD en plaaslike veiligheidsinstansies saam te werk om ’n veiliger omgewing te verseker,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se Distrikskoördineerder vir AfriForum in die Boland.

Die bestuur bestaan uit Malan Jordaan (voorsitter) en Charl de Goede (sekretaris).

AfriForum bied bepaalde voordele en beskerming aan sy buurtwaglede en lede ontvang ook deurlopend opleiding.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak en -buurtwag betrokke te raak om’n daadwerklike verskil te maak: Stuur ’n e-pos na worcester@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings