AfriForum maak Knysna-verslag en -dokumentêr bekend


AfriForum maak Dinsdag, 22 Augustus 2017 sowel sy verslag oor die onlangse Knysna-brande as ’n dokumentêr hieroor bekend. Die verslag is deur dr. David Klatzow, bekende forensiese wetenskaplike, saamgestel wat in opdrag van AfriForum ’n onafhanklike ondersoek oor die oorsake van dié brande ingestel het.
Brande wat in die verslag behandel word, sluit in:

  1. Die oostelike brand in Knysna;
  2. Die westelike brand in Knysna;
  3. Die brande in die westelike gedeelte van die Knysna-strandmeer wat skade veroorsaak het aan Brenton-on-Sea en langs Buffelsbaai uitgebrand het;
  4. Die brande by Pezula;
  5. Die Plettenbergbaai-brande; en
  6. Die Mosselbaai-brande.

 

Soortgelyke plasings