|

AfriForum stig buurtwag in Bothaville

AfriForum se Bothaville-tak het op 17 Augustus die bestaande buurtwag in Bothaville verplaas om voortaan onder die vaandel van AfriForum te funksioneer omdat hulle die voordele wat dié burgerregteorganisasie aan buurtwagte bied, besef het.

Die buurtwag is reeds gevestig en doen uitstekende werk in Bothaville. Die werksaamhede gaan net so voort, nou net as deel van AfriForum. Alvorens ’n buurtwag gestig mag word, word 30 gedragskodes benodig.

Die bestuur van die buurtwag bestaan uit Thinus Barnard (voorsitter), André Smith (ondervoorsitter) en Melanie Barnard (sekretaris).

“Ek is bly dat hierdie buurtwag ook nou deel is van die AfriForum-veiligheidsnetwerk. Die inwoners besef reeds lankal dat hulle verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid moet neem en om nie alles aan die polisie oor te laat nie. Ek glo dat die AfriForum-buurtwag baie goed met alle ander veiligheidsinstansies sal saamwerk,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

AfriForum bied bepaalde voordele en beskerming aan sy buurtwaglede en lede ontvang ook deurlopend opleiding. Inwoners wat graag by die AfriForum-buurtwag betrokke wil raak is welkom om Barnard by 083 447 6188 te skakel.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Bothaville” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings