AfriForum ontbloot regering se rassediskriminasie in verslag en voorlegging aan VN se CERD

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n aanbieding gedoen by die hoofkwartier van die Verenigde Nasies (VN) se Komitee vir die Beëindiging van Rassediskriminasie (CERD), in Genève, Switserland. Dit het gepaardgegaan met ’n gedetailleerde verslag oor die Suid-Afrikaanse regering se 116+ stukke rassewetgewing wat AfriForum ook by CERD ingedien het.

In 2023 is dit die Suid-Afrikaanse regering se beurt om sy rekord rakende diskriminasie te laat hersien deur CERD by sy 111de sessie. Beide AfriForum se verslag en aanbieding sal deur CERD oorweeg en gebruik word in die hersieningskomitee se proses om Suid-Afrika se rekord te hersien. Ernst van Zyl, AfriForum se hoof van Openbare Betrekkinge het vandag die aanbieding voor CERD gelewer.

“Die VN-liggaam, CERD, het sy dankbaarheid uitgespreek vir AfriForum se bydraes tot die proses van hersiening van Suid-Afrika, veral die regering, rakende diskriminasie,” sê Van Zyl

“Die wêreld neem kennis van die Suid-Afrikaanse regering se groeiende lys rassewetgewing. Organisasies soos AfriForum staan ​​aan die spits van die poging om die ANC se ras-obsessie aan die groot klok te hang,” sluit Van Zyl af.

Soortgelyke plasings