| |

AfriForum toets Mopani-distriksmunisipaliteit se water

AfriForum het vandag die organisasie se jaarlikse blou- en groendruppelprojek van stapel gestuur deur die Mopani-distriksmunisipaliteit se water te toets. Daar is besluit om op Phalaborwa, Tzaneen en Hoedspruit se drinkwater en rioolsuiweringswerke te fokus. AfriForum het reeds op 1 Augustus die organisasie se tiende jaarlikse #Skoonwater-projek vir 2023 geloods. Die #Skoonwater-projek mobiliseer aktiewe AfriForum-takke reg oor die land om die gehalte van drink- en rioolwater gedurende Augustus te toets. 

“Die storting van miljoene liter rou riool in riviere weens die swak toestand en onvoldoende vermoë van rioolsuiweringswerke skep die ideale toestand vir die verspreiding van wateroordraagbare siektes soos cholera. Die einste riviere waarin riool gestort word, is die bron van drinkwater vir miljoene mense landwyd. Drinkwaterstelsels is egter ook in ’n swak tot kritieke toestand en dit hou ‘n ernstige bedreiging in vir die gesondheid van Suid-Afrikaners,” waarsku Cee-J van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Die media word uitgenooi om saam met AfriForum die water in die Mopani-distriksmunisipaliteit te toets. Kontak Cee-J van der Walt by 060 818 5751.

Soortgelyke plasings