AfriForum se Aliwal-Noord-tak verkies nuwe bestuur


AfriForum se Aliwal-Noord-tak verkies op 6 Februarie 2019 ’n nuwe bestuur tydens ’n vergadering wat om 18:00 by die Aliwal-Noord Rolbalklub gehou gaan word.
AfriForum is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat sigself onder meer beywer vir gemeenskapsveiligheid, selfstandigheidsprojekte, die strewe na geregtigheid, die behoud van Afrikaneridentiteit en die verdere versterking van AfriForum as organisasie.
Om saam ’n verskil in jou gemeenskap te maak, kan jy as AfriForum-lid help om jou tak se nuwe bestuur te kies. AfriForum-takbestuurslede moet lid wees van AfriForum en ouer as 18 jaar wees.

“Die bestuur verteenwoordig ons taklede in die gemeenskap en staan aan die voorpunt van ons aksies om ’n verskil in Aliwal-Noord te maak. Daarom is dit juis belangrik dat die regte mense verkies word. Ons stel daarom al ons taklede se deelname aan die verkiesingsproses hoog op prys,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Soortgelyke plasings