AfriForum se Aliwal-Noord-tak verskaf water aan natuurreservaat


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Aliwal-Noord-tak het die droogtegeteisterde Aliwal-Noord-natuurreservaat van water voorsien. Dít is genoodsaak deur die opdroog van gronddamme, asook ’n stukkende waterpyplyn.
Taklede het op 4 Desember 2017 watervore in die natuurreservaat met ’n waterkar volgemaak wat Sipho Manqele, areakommissaris van korrektiewe dienste, aan die tak geleen het.

“Ons het 3 000 liter water na die reservaat aangery om die groot verskeidenheid wild van ’n lewensaar te voorsien,” sê Cecil Foster, voorsitter van AfriForum se Aliwal-Noord-tak.

Stuur ’n e-pos na jan.badenhorst@afrifroum.co.za om by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke te raak en ’n verskil in jou omgewing te maak.

Soortgelyke plasings