Warmbad-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel

 

Die AfriForum-buurtwag in Warmbad, in samewerking met ander buurtwagte in die gebied, het die afgelope naweek aan dié burgerregte-organisasie se nasionale patrollie deelgeneem. Die patrollie is suksesvol deur sowat 115 buurtwaglede en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) uitgevoer.

“Die patrolleerders het Warmbad tussen Vrydagaand 20:00 en Saterdagoggend 4:00 in skofte gepatrolleer. Patrolleerders het 2 448 km in 224 manuur afgelê. Die patrolleerders het onder meer ’n bakleiery langs die pad ontlont, asook persone wat onder die invloed van alkohol was na ’n veilige vesting vergesel. Geen ernstige voorvalle van misdaad is aangemeld nie,” sê Janes Boshoff, voorsitter van AfriForum se Warmbad-tak.

Boshoff voeg by dat die patrollie op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van veiligheidstrukture gemik was en baie goed in dié doel geslaag het.
Raak vandag betrokke deur “Buurtwag” na 45340 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings