| |

AfriForum se Benoni-buurtwag hou opvolgmassapatrollie

AfriForum se Benoni-buurtwag het op 11 Oktober 2019 ’n opvolgmassapatrollie in hul onderskeie sones gehou om sigbaarheid te verhoog. Dit volg op die suksesvolle massapatrollie wat die vorige week gehou is.

Vyftien patrolleerders (buiten die sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstellings) het 460 km oor 58 manure afgelê. Geen ernstige gebeurlikhede is aangemeld nie.

“Die Benoni-tak en -buurtwag het beduidend gegroei, en met die feestyd om die draai word sigbaarheidspatrollies al hoe belangriker. AfriForum sal voortdurend soortgelyke projekte van stapel stuur en patrollies reël om misdaad hok te slaan en veiligheid te verbeter in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstellings,” sê Ettiene de Klerk, voorsitter van AfriForum se Benoni-buurtwag.

Sluit vandag nog by ’n AfriForum-buurtwag aan en hou jou dorp veilig: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings