| |

AfriForum se Benoni-tak skenk handreiniger en gesigmaskers

Die AfriForum-tak in Benoni het op 18 April 2020 handreiniger en gesigmaskers aan die gemeenskap geskenk om hulle teen COVID-19 te help beskerm. 80 bottels handreiniger is aan Bad Boyz Sekuriteit, PHP/Mamba Sekuriteit en ER24 geskenk.

Dít volg nadat die burgerregteorganisasie die afgelope twee weke ’n nasionale projek van stapel gestuur het waartydens 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk is. AfriForum het op 15 April 2020 ’n verdere 4 000 bottels handreiniger en 3 200 gesigmaskers na sy 53 takke in die noordstreek versprei om gemeenskappe te ondersteun.

“Dit is baie belangrik dat ons gedurende die staat van inperking as gemeenskap moet hande vat om mekaar te ondersteun,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor die staat van inperking en COVID-19 te kry.

Raak vandag nog by AfriForum se Benoni-tak betrokke en wees deel van die verskil: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings