|

AfriForum se Bethlehem-tak het reeds 38 ton teer aangewend om paaie op te knap

Die AfriForum-tak in Bethlehem het sedert Januarie 2022 saam met plaaslike sakeondernemings gewerk om weer hoop te skep en ’n verskil te maak deur ’n volhoubare slaggatprojek aan te pak. Sedertdien het die tak reeds 38 ton teer gebruik om slaggate in die dorp te vul om die toestand van die paaie te verbeter.

Die waentjie wat aangeskaf is deur die Bethlehem-tak word steeds elke dag gebruik  wanneer daar aan die paaie gewerk word. Herman Ferreira tesame met sy span medewerkers werk hard om ’n verskil te maak deur die slaggate voor te berei en dan die teer vas te stamp.

“Ons wil graag die area rondom die Dihlabeng Mall binnekort aanpak en die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak by die verbetering van hul dorp se paaie,” sê Marc Timmins, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak.

“Die AfriForum Bethlehem-tak het al ’n groot verskil gemaak. Ons is opgewonde oor die volgende projek by die Dihlabeng Mall-area en wil mense aanmoedig om betrokke te raak. Ons wil ook almal wat reeds bygedra het, bedank vir hulle hulp,” sê Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Inwoners wat donasies wil maak vir teeraankope of om die arbeiders te help, kan die volgende bankbesonderhede gebruik:

Soortgelyke plasings