|

AfriForum se Christiana-tak gebruik 30 liter verf om padtekens te verf

Die AfriForum-tak in Christiana het op 3 Augustus in samewerking met die Jeug-tak ’n padverfprojek aangepak om voetgangers veiliger te laat voel.

Die voetoorgange om die Gekombineerde Skool Christiana is oorgeverf sodat dit weer duidelik sigbaar is vir motoriste en sodat leerders die pad veilig kan oorsteek. Meer as 30 liter verf is gebruik om dié projek te voltooi, wat jaarliks deur die tak aangepak word.

“Dit is vir die AfriForum-tak in Christiana ’n prioriteit om te verseker dat die gemeenskap skoon, netjies en veilig is. Daarom is hierdie jaarlikse projek belangrik om leerders se veiligheid te verseker,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Die AfriForum-tak in Christiana beplan om nuwe stoptekens in sekere dele van die dorp op te rig en om die ingange van die dorp netjies en skoon te maak.

“Teen die tempo waarteen munisipale verval plaasvind, is dit vir AfriForum noodsaaklik om hierdie projekte op ’n volhoubare wyse aan te pak. Ons moedig die gemeenskap aan om by die tak aan te sluit en aan die verskeie projekte deel te neem wat ’n verskil in Christiana maak,” sluit Nel af. 

Besoek www.wordlid.co.za om by jou naaste tak aan te sluit of kontak Nel by jp.nel@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings