|

AfriForum se Groter Moot-tak kry nóg ’n buurtspan

AfriForum se Groter Moot-tak het hulle tweede buurtspan op die been gebring. Hierdie span se eerste prioriteit gaan wees om opknappingswerk in Fratesweg te verrig.

Die opknappingswerk behels onder meer om toe gegroeide sypaadjies, driehoeke en eilande netjies oop te sny met bossiekappers. Dié span het tot dusvêr van 30stelaan tot 28stelaan gevorder met hierdie projek.

“Die Groter Moot-tak wys keer op keer die krag van gemeenskappe wat eienaarskap neem en die probleme in hulle omgewing self oplos. Hulle weet dat die gemeenskap nie daarby sal baat om te sit en wag vir die munisipaliteit om hulle plig na te kom nie en daarom neem hulle inisiatief met aksies soos hierdie,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

“Ons wil die inwoners rondom Fratesweg nooi om hande te vat met die tak om hierdie projek ’n sukses te maak. Ons het ook planne om die randstene en padtekens te verf,” sê Andries Opperman, buurtbeampte by AfriForum se Groter Moot-tak.

Sluit gerus aan met ’n vrywillige maandelikse bydrae deur op die gratis Telegram-boodskaptoepassing ’n kort verifikasie te doen by https://t.me/AfriForumBuurtBot of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings