|

AfriForum se Delareyville-tak help Proteastraat-inwoners tydens vloed

Die AfriForum-tak in Delareyville het verlede week saam met plaaslike inwoners gewerk om die inwoners van Proteastraat van vloedwaters te red. Die groot hoeveelhede reën wat die afgelope tyd geval het, het veroorsaak dat strome water vanuit die landerye in Proteastraat oorgespoel het na die huise toe.

Die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit het niks gedoen om die inwoners te help nie en die AfriForum-tak is genoop om ’n masjiengraaf te huur om slote te grawe om die water uit die strate te herlei.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier, is dit ironies dat reënwater in strome deur die strate vloei terwyl die krane ten tyde van die voorval weer kurkdroog was. Watertoevoer is intussen weer herstel. “Dit vestig net weereens die aandag op die onbevoegdheid van die amptenare by die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit. Dit is goed dat AfriForum darem daar is om tot die gemeenskap se redding te kom wanneer die munisipaliteit daarin misluk,” sluit Pretorius af.  

Die AfriForum-tak moedig graag die gemeenskap aan om betrokke te raak by die tak se aksies.

Soortgelyke plasings