AfriForum se Delmas-tak herstel Sameulwegbrug


Die AfriForum-tak in Delmas het die afgelope naweek ‘n selfdoenprojek in Sameulweg aangepak.
Dié tak se jeugvleuel het dit goedgedink om ‘n opknappingsprojek van stapel te stuur waartydens herstelwerk aan die brugrelings en verfwerk aan die brug gedoen is.

“AfriForum prioritiseer die padveiligheid van inwoners, en deur soortgelyke projekte te loods, sal AfriForum seker maak dat die dorp nie verder agteruitgaan nie. Ons kan nie weens die nalatigheid van ons plaaslike munisipaliteit terugstaan en kyk hoe ons gemeenskap verval nie,” sê Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak.
“Die jeugvleuel van AfriForum se Delmas-tak is hier om ‘n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak en ons vra dat gemeenskapslede betrokke raak om positiewe verandering teweeg te bring,” sê Henning du Toit, voorsitter van die jeugportefeulje van AfriForum se Delmas-tak.

Soortgelyke plasings