|

Buurtwagte beskerm Delmas tydens onluste

Op 20 Februarie is Delmas deur gewelddadige onluste geruk. AfriForum se Delmas Valke- en Eloff-buurtwag asook Sundra Rietkol Bulldogs het kragte saamgesmee en die Delmas-gemeenskap op dié dag sowel as op 21 Februarie beveilig.

Alle roetes in en uit die dorp was afgekordon en slegs die pad na Eloff kon gebruik word. Dié situasie het geëskaleer toe die Mimosa-gemeenskap die geleentheid gebruik het om hulle eie griewe te opper deur hierdie pad ook te versper.

Die oproerige skare is, deur flink georganiseerde optrede, teen die middag deur die Delmas-buurtwagte in samewerking met die Delmas-polisie sowel as die onluste-eenheid uit die dorp gedryf en die roetes is weer oopgestel.

Menige oproeriges het egter die dorp weer op 21 Februarie ontwrig. Die betrokke buurtwagte het ingetree en die situasie ontlont. Die middag is ’n griefskrif deur die skare aan die burgemeester van die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit (VKLM) oorhandig en die onrus het bedaar.

“Hierdie is net weer ’n bewys van hoe goeie samewerkingsverhoudinge groot sukses kan behaal. Ons bedank almal wat ons in hierdie tyd ondersteun en gehelp het,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Buurtwaglede het ná afloop van die gebeure gehelp om die rommelbestrooide paaie op te ruim. Die situasie word steeds fyn dopgehou.

Sluit vandag nog by AfriForum se Delmas-tak aan: SMS “Delmas” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings