AfriForum se Ellisras-tak word ’n plaaswag sterker


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Ellisras-tak het sy Matlabas-plaaswag in dié streek gestig om te help om misdaad in hierdie gebied hok te slaan. AfriForum gaan ook binnekort veiligheidstoerusting aan dié plaaswag oorhandig.

“Dié plaaswag vorm deel van ons takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die SAPD en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood by te staan. AfriForum-buurtwaglede en -plaaswaglede onderteken ’n streng gedragskode om te verseker dat hulle te alle tye binne die raamwerk van die wet optree. Ons het ook ’n baie aktiewe buurtwag in Ellisras wat reeds talle suksesse behaal het. Dít is ’n bewys dat AfriForum-buurtwagte ’n daadwerklike verskil maak,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Chris Burger is as voorsitter en Pieter Lamprecht as ondervoorsitter van die plaaswag verkies. Gideon de Jager, hoof van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Ellisras-tak, sê dat die veiligheid van alle inwoners vir die tak ’n prioriteit is en dat ’n wesenlike verskil deur goeie samewerking gemaak kan word.

“Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en te help om die veiligheid van die Ellisras-streek se inwoners te bevorder.”

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke: SMS “Plaaswag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings