AfriForum se Gauteng-buurtwagte neem aan massapatrollie deel

Die 16 AfriForum-buurtwagte in Gauteng het op 8 April 2022 in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF’s, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die patrollie het omstreeks 18:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur.

Altesaam 272 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 9 860 km in 132 voertuie afgelê.

“Die Gauteng-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir Wes-Rand.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings