| |

AfriForum se Helderbergkom-tak vier boomplantmaand

AfriForum se Helderbergkom-tak het op 22 September as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantprojek twee stinkhoutbome by Somerset-Wes Primêre Skool geplant.

“Om ’n boom te plant is ’n geloofsdaad vir die toekoms. Wanneer jy ’n boom plant weet jy nie of jy self die skaduwee of vrugte van die boom gaan geniet nie, maar jy vertroue dat jou kinders en kleinkinders dit wel in die toekoms gaan geniet,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

“Vanjaar wil ons takke en gemeenskapslede in die land aanmoedig om – buiten die bome wat ons takke op grootmaat gaan plant – steeds bome by hul huise, skole, kerke, gemeenskapsentrums, ouetehuise en parke te plant,” sê Van Heerden verder.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Helderbergkom” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings