|

AfriForum se Hennopsrivier-tak reorganiseer

AfriForum het op 17 Oktober sy Hennopsrivier-tak gereorganiseer. Dié tak is reeds besig met die beplanning van projekte wat in die nabye toekoms uitgevoer sal word. Die takbestuur versoek soveel moontlik gemeenskapslede om by die tak betrokke te raak.

Die takbestuur bestaan uit dr. Frik Barnard (voorsitter), Wessie van der Westhuizen (ondervoorsitter), Donald Thompson (tesourier), Sarah Toerien (sekretaris), Anthony Duigan (omgewingsake), Ulrich Absil (plaaslikeregeringsake) en Neels le Grange (buurtwagvoorsitter).

“AfriForum het sy Hennopsrivier-tak gereorganiseer om die probleme wat inwoners ervaar uit die weg te ruim. Die nuwe takbestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur. As die gemeenskap saamstaan en hard werk kan hulle ’n beter omgewing vir almal skep,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

“Ek is baie opgewonde oor die reorganisering van dié tak. Ons moet sélf betrokke raak om ’n verskil te maak,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Raak vandag nog by AfriForum se Hennopsrivier-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Hennopsrivier” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings