|

AfriForum stig buurtwag in Dullstroom

AfriForum het op 15 Oktober 2020 ’n nuwe buurtwag in Dullstroom gestig nadat gemeenskapslede die organisasie met dié versoek genader het.

Die buurtwag se bestuur bestaan uit Gerhard Delport (voorsitter), Madlene Holtzhausen (sekretaris) en Nico Pienaar (koördineerder).

Die doel van die buurtwag is om van proaktiewe optredes gebruik te maak om misdaad te bekamp. Daar word gereeld inligting gedrewe patrollies gehou, asook nasionale patrollies wat poog om landwyd groter samewerking tussen die onderskeie veiligheidsrolspelers te bewerkstellig. Buurtwaglede is die oë en ore van die SAPD en gesamentlik kan ’n verskil in misdaadvlakke gemaak word.

AfriForum se buurtwaglede ontvang gereeld regs-en-risiko-opleiding, patrollie-opleiding en opleiding in radiospraakprosedures, asook meer gevorderde protospanopleiding. Verder ontvang lede ook toerusting wat glimbaadjies en voertuigmagnete insluit.

“Ons sien daarna uit om saam met die Dullstroom-gemeenskap te werk om ’n verskil in die gemeenskap te maak,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van Gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.

Sluit by AfriForum se Dullstroom-buurtwag aan en neem eienaarskap van jou veiligheid: SMS “Dullstroom” na 45350 (R1)

Soortgelyke plasings