AfriForum se Meyerspark-tak herstel straat


AfriForum se Meyerspark-tak het die afgelope paar dae slaggate in Sholto Douglasstraat teen ’n koste van sowat R22 000 gevul.
Die tak het van Roadchem, ’n plaaslike kontrakteur, gebruik gemaak en meer as 1 300 m2 se slaggate is gevul. Altesaam 3 750 kg asfalt, 240 liter bindlaag, 300 kg kraakseël en 300 liter seëlaar is gebruik.

“Gemeenskapslede wat tydens die aksie gestop het, het opgemerk dat dié pad al vir 10 jaar in ’n swak toestand is en dat dit al verskeie maal by die munisipaliteit aangemeld is – sonder enige daadwerklike reaksie,” sê André Badenhorst, voorsitter van AfriForum se Meyerspark-tak.

“Die gemeenskap nader AfriForum om munisipale diensleweringskwessies soos hierdie te hanteer. AfriForum gaan ook in Oktober verskeie soortgelyke projekte in die metropool aanpak,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

De Klerk voeg by dat die tak sowat ’n week gelede ook straatligte wat al vir ’n geruime tyd stukkend was in Equestria herstel het.
Raak vandag betrokke deur “Pretoria” na 45341 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings