AfriForum se Middelburg-tak voltooi volgende fase van helibladprojek


AfriForum se Middelburg-tak het fase twee van die herstelwerk aan die plaaslike hospitaal se heliblad by voltooi. Die heliblad is skoongemaak, herstel en oorgeverf sodat mediese- en nooddienspersoneel dit weer kan gebruik.
Daar was nie meer gepaste landingsareas nie en mediese- en nooddienspersoneel moes voortdurend alternatiewe landingsareas soek vir noodhelikopters om te land. Daarom is besluit om die landingsarea in fases op te gradeer. Die eerste fase was die skoonmaak van die platform en tydens die tweede fase is die verf op die platform oorgedoen.

“Volgende sal daar aan die noodliggies vir naglandings aandag geskenk word en die windkous sal vervang word. Daar word ander herstelwerk ook beplan, maar sodra die noodliggies en die windkous vervang is, kan die blad weer gebruik word,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Raak vandag betrokke: SMS “Middelburg” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings