|

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak reorganiseer

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 16 September ’n vergadering gehou waartydens die tak se bestuur gereorganiseer is. Gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig.

Die volgende persone is tot die bestuur verkies: Tommy van Zyl (voorsitter), Johandré van Zyl (ondervoorsitter), C.J. Scholtz (tesourier), Yolanda Fritz (sekretaris), Johan Fritz (gemeenskapsveiligheid) en Eben Nel (plaaslikeregeringsake).

Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, het die gemeenskap vir hul insette tydens die reorganisasie bedank, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien. “Die gevoel oor die nuutverkose bestuur is baie positief en ek glo dat die tak oor die nodige leierskap beskik om na die gemeenskap se belange om te sien.”

Die takbestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Kaapstad-Noord” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings