|

AfriForum se Kimberley-tak verkies nuwe bestuur

Die AfriForum-tak in Kimberley het op 14 September 2021 ’n nuwe bestuur verkies.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Henko Visser (voorsitter), Jean-André Coetzer (ondervoorsitter), Loreta le Roux (tesourier), Isabel Cleaver (sekretaresse), Cobus Becker (plaaslikeregeringsake), Henk Coetzer (veiligheidsvoorsitter), Johan Smit (omgewingsake), Rampie Niemann (jeug), Phillip Piek (projekte) en Marius Wessels (kultuur en toerisme).

“Ons is trots om deel van AfriForum te wees en besef watter groot verantwoordelikheid op ons skouers rus. Saam gaan ons ’n groot verskil in die stad maak,” sê Visser.

“Ek wil die vorige bestuur bedank vir die afgelope drie jaar se werk om Kimberley te verbeter. Danksy julle harde werk kon ons ’n verskil maak,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

AfriForum doen ’n beroep op die Kimberley-gemeenskap om by dié tak in te skakel. SMS “Kimberley” na 45350 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings