|

AfriForum se KwaZulu-Natal-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in KwaZulu-Natal het op 8 April 2022 in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur.

332 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 6 561 km in 366 voertuie afgelê.

“KwaZulu-Natal se veiligheidstrukture sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings