|

AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Mpumalanga het op 14 Oktober in samewerking met die plaaslike SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Die aksie het omstreeks 16:00 begin en tot 08:00 die volgende oggend voortgeduur.

Altesaam 10 buurtwagte bestaande uit 110 patrolleerders het aan dié patrollie deelgeneem en ’n totaal van 2 550 km is afgelê.

“Ons buurtwagte hou voortdurend patrollies om misdadigers die hoof te bied. Die buurtwagte se verhoudings met ander veiligheidsrolspelers is ook baie goed en dit help ons om tydens hierdie patrollies suksesvolle operasies uit te voer,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

“Dit is van kardinale belang dat gemeenskappe begin eienaarskap  van hulle eie veiligheid neem. Parate optrede en gereelde patrollies maak dit vir misdadigers moeilik om ’n houvas in gemeenskappe te kry, en daarom stig ons buurtwagstrukture,” sê Arlo van Heerden, distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings