|

AfriForum se veiligheidstrukture in suidstreek hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap het op 14 April in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur.

Altesaam 807 AfriForum-patrolleerders en 560 patrolleerders van ander instansies het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 18 123 km in 661 voertuie afgelê.

Gedurende die operasie is daar 26 voorvalle aangemeld en ook verskeie arrestasies gemaak. Van die voorvalle sluit in die besit van dwelms, onwettige wapens en ammunisie asook persone wat onder die invloed van alkohol bestuur.

“Die AfriForum-buurtwagte in die suidstreek sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê David Olivier, AfriForum se veiligheidspesialis vir die suidstreek.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: Klik hier om by jou naaste buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings