|

AfriForum se Noord van die berg-tak kry nuwe bestuur

AfriForum se Noord van die berg-tak het op 13 Julie 2022 het ’n nuwe bestuur verkies en is reeds besig met die beplanning van verskeie projekte wat hulle in die nabye toekoms gaan aanpak. Die tak is ook reeds volstoom aan die gang met hul slaggatprojek.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Quintin Meyer (voorsitter), Francois van Vuuren (ondervoorsitter), Dawie de Villiers (tesourier) en Clara de Villiers (sekretaris). Hulle versoek ook die gemeenskap om by die Noord van die berg-tak betrokke te raak.

Hierdie tak het eers as die Zambesi-tak bekend gestaan, maar het onlangs ’n naamsverandering ondergaan en is nou die Noord van die berg-tak om ’n groter gebied te diens.

Areas waarin die tak nou werksaam is, is Montana, Zambezi, Doornpoort, Magalieskruin, Annlin, Pretoria-Noord, Wolmer, Dorandia, Ninapark, Theresapark en Heatherdale AH.

“AfriForum het hierdie tak uitgebrei om die probleme wat inwoners ervaar, uit die weg te ruim. Die nuwe takbestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte te loods. As die gemeenskap saamstaan en hard werk, kan hulle ’n beter omgewing vir almal skep,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Sluit aan by hierdie tak om ’n verskil in jou omgewing te maak: SMS “Noord van die berg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings