|

#OnsDorp: AfriForum-buurtwag in Hartbeesfontein oorhandig ligte aan Evanna Tehuis

Die AfriForum-buurtwag in Hartbeesfontein, wat deel is van die AfriForum-tak in Klerksdorp, het op 19 Julie noodligte aan die SAVF Evanna Tehuis in Hartbeesfontein oorhandig as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek. As gevolg van die voortdurende beurtkrag is dit baie moeilik om in die aand tydens beurtkrag, na inwoners om te sien. Die skenking sluit vyf koplampe, vier flitse en drie staanlampe in.

Die kopligte wat die tehuis gehad het, werk slegs met batterye wat ná een aand se gebruik pap is en baie duur is om te vervang. Die personeel moes dus met selfone probeer lig wanneer dit wel moontlik was om hul selfone te laai. Die ligte wat nou aan die tehuis geskenk is, is herlaaibaar en kan ook met batterye werk.

“Die SAVF Evanna Tehuis is baie dankbaar vir hierdie skenking en die voortdurende omgee en ondersteuning van die AfriForum-tak en buurtwag,” sê Theresa Swart, Hartbeesfontein-buurtwag se steunspanleier.

“Dit is baie lekker om te sien dat die tak en buurtwag ook die belange van die bejaardes op die hart dra. Geen tehuis het tans die fondse om kort-kort nuwe batterye aan te koop nie, met hierdie skenking hoop ons om die veiligheid van die inwoners tydens beurtkrag te verbeter en ook om die tehuis ’n paar rand te spaar wat beter op ’n ander wyse aangewend kan word,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Indien u wil deel word van hierdie wenspan, kontak gerus vir Theresa by 060 325 5345.

Soortgelyke plasings