AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte ontvang teenkapingsopleiding


Lede van AfriForum se Alberton-, Brakpan-, Germiston- en Springs-buurtwagte het op 22 en 23 Mei 2019 teenkapingsopleiding ontvang. Hierdie opleiding is vir die eerste keer in die Oos-Rand aangebied en het grootliks op wenke en maatreëls gefokus wat patrolleerders as voorsorg kan toepas en ook om kapingsituasies te hanteer.

Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale opleidingsbestuurder, het die opleiding aangebied en nagenoeg 70 buurtwaglede het dit bygewoon.
Volgens Van Dalen is professionele opleiding noodsaaklik vir elke veiligheidstruktuur:

“AfriForum se buurtwaglede moet te alle tye binne die raamwerk van die wet optree. Dit is verder belangrik dat buurtwaglede ingelig is oor hoe hulle noodsituasies moet benader en die nodige voorsorg kan tref om proaktief op te tree.”
“Dit is bemoedigend om die betrokkenheid van gemeenskapslede te sien, asook hoe elkeen bereid is om die veiligheid van hul eie gemeenskap te prioritiseer. Ongeveer 450 patrolleerders in die Oos-Rand het sedert Januarie 2019 opleiding in nege modules ontvang. Slagofferbystand is die laaste module wat op 5 en 6 Junie 2019 vir die buurtwagte aangebied sal word,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die noordstreek.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings