|

AfriForum se Bellville-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding

Die AfriForum-buurtwag in Bellville, wat deel vorm van dié burgerregteorganisasie se Kaapstad-Noord-takstruktuur, het op 17 September 2019 opleiding in regsaspekte vir patrolleerders ontvang. Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, het dié opleidingsessie aangebied en ongeveer 30 buurtwaglede het dit bygewoon.

“Dit is belangrik dat buurt- en plaaswaglede kennis dra wat hulle volgens die wet mag en nie mag doen nie sodat hulle altyd binne die raamwerk van die reg optree. Ons moedig gemeenskappe aan om proaktief te wees en by veiligheidstrukture – soos AfriForum se buurt- en plaaswagte – betrokke te raak,” sê Johan Fritz, voorsitter van AfriForum se Bellville-buurtwag.

Raak vandag nog by AfriForum se Kaapstad-Noord-tak betrokke: SMS “Kaapstad-Noord” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings