| |

AfriForum se Overstrand-tak vier boomplantmaand

AfriForum se Overstrand-tak het onlangs as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek vyf wildevy- en waterpeerbome by die Hoërskool Hermanus geplant.

“Ons bedank elke persoon wat tot die suksesvolle afloop van die projek bygedra het. Die skool en sy leerders was baie opgewonde om die bome te plant,” sê Cuan Elgin, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.

“Om ’n boom te plant is ’n geloofsdaad vir die toekoms. Wanneer jy ’n boom plant weet jy nie of jy self die skaduwee of vrugte van die boom gaan geniet nie, maar jy vertrou dat jou kinders en kleinkinders dit wel in die toekoms gaan geniet,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

“Vanjaar wil ons takke en gemeenskapslede in die land aanmoedig om – buiten die bome wat ons takke op grootmaat gaan plant – steeds bome by hul huise, skole, kerke, gemeenskapsentrums, ouetehuise en parke te plant,” sluit Van Heerden af.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Overstrand” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings