|

Bethal-gemeenskap staan saam te midde van waterkrisis

AfriForum se Bethal-tak het die Bethal-gemeenskap, wat onder ’n waterkrisis gebuk gaan, die afgelope drie maande ondersteun.

Dié voortslepende waterkrisis duur al vanaf November 2022 en het die hoogliggende dele van Bethal se krane droog gelaat. Geen verduideliking is deur die Govan Mbeki-munisipaliteit gegee nie behalwe dat daar te min invloei in die reservoirs is om die dorp van water te voorsien.

Die Bethal-tak se noodwaterpunt by die AC Vorentoe Kerk se perseel word gereeld volgehou en gedurende die moeilikste tyd tydens die krisis het ’n watertenker, elke tweede dag, 30 000 liter water afgelewer. Die noodwaterpunt in Noordlaan het inwoners van ’n verdere 20 000 liter water, per week, voorsien.

Die Bethal-gemeenskap en verskeie ondernemings het ook ingespring en watertenkers beskikbaar gestel. Daar is selfs, in sommige gevalle, boorgate gesink om water te versprei en inwoners met bestaande boorgate het water aan ander beskikbaar gestel.

“Hierdie waterkrisis is niks nuuts vir die Bethal-gemeenskap nie daarom het dit weereens die inwoners saamgebind en aangemoedig om mekaar te help. Ons bedank almal wat tydens die krisis gehelp het en steeds help,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

AfriForum se Bethal-tak is met ’n uitgebreide plan besig om hierdie waterkrisis, indien dit sou vererger, beter te bestuur en moedig inwoners aan om Hennie Bekker by 084 905 6415 te skakel indien hulle hul boorgate vir die gemeenskap beskikbaar wil stel in tye van ’n watertekort.

Sluit vandag nog aan by AfriForum se Bethal-tak: SMS “Bethal” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings