AfriForum se Parys-tak vervang vervalle verkeerstekens


AfriForum se Parys-tak het op 22 Februarie 2019 drie nuwe verkeerstekens by belangrike stopstrate in dié dorp opgerig. Verskeie verkeerstekens is só verouderd dat dit moeilik sigbaar was. Die verkeerstekens is opgerig by die kruisings van Breë- en Oranjestraat, asook Breë- en Grensstraat. Dit sal hopelik die aantal motorongelukke verminder wat by dié belangrike kruisings plaasvind.

“Die Parys-tak sal later vanjaar nóg padtekens vervang omdat dit ’n belangrike bydrae tot padveiligheid maak. Die tak wil graag ook ander uitdagings in die dorp aanpak, wat slaggate en die voortdurende tekort aan drinkwater insluit. Ons moedig inwoners en ondernemings wat graag by hierdie projekte betrokke wil raak aan om die takbestuur te kontak,” sê Stephen Nel, distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Raak vandag by die Parys-tak betrokke: SMS “Parys” na 45266 (R1).

Soortgelyke plasings