|

AfriForum se Piet Retief-buurtwag hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwag in Piet Retief het op 13 September 2019 aan nóg ’n suksesvolle massapatrollie deelgeneem.

Die plaaslike SAPD het 16 lede en ses voertuie vir die patrollie beskikbaar gestel. ’n Konvooi het elke sektor in Piet Retief besoek om sigbaarheid te verhoog. Altesaam 24 voertuie en 52 lede het deur die nag aan die patrollie deelgeneem.

“Dit is vir ons belangrik om gereeld te patrolleer om voortdurende sigbaarheid in die gemeenskap te verseker en só misdaad in ons dorp te beperk,” sê Gerhard Böhmer, voorsitter van AfriForum se Piet Retief-buurtwag. “Die gemeenskap se insette en hulp word hoog op prys gestel en dra by tot die veiligheid van almal in Piet Retief.”

 

“Dit is wonderlik dat die Piet Retief-buurtwag en al die rolspelers in die dorp so ’n groot span bymekaar kon sit om ’n verskil in die dorp te maak. Ons is veral dankbaar dat die SAPD bereid was om ook aan ons patrollie deel te neem,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Raak vandag nog by AfriForum se Piet Retief-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings