|

AFRIFORUM SE PIET RETIEF-BUURTWAG HOU SIGBAARHEIDSPATROLLIE SAAM MET SAPD

Vrywilligers van die AfriForum-buurtwag in Piet Retief het die naweek van 29 en 30 Januarie 2021 aan nóg ’n suksesvolle sigbaarheidspatrollie deelgeneem. Altesaam 43 patrolleerders het aan die aksie deelgeneem, terwyl die plaaslike polisiestasie ook van sy lede vir die patrollie beskikbaar gestel het en verkeersbeamptes ook daaraan deelgeneem.

Tydens dié patrollie het ’n konvooi elke sektor in Piet Retief besoek en die SAPD kon verskeie arrestasies uitvoer, waaronder ’n lid van die publiek weens minagting van ’n opdrag van die SAPD en vir die aandklokreël. Die verkeersbeamptes het voertuie afgetrek en saam met die SAPD deursoek.

“Dit is vir ons belangrik om hierdie inisiatief gereeld uit te voer om voortdurend sigbaarheid in die gemeenskap te verseker en kriminele aktiwiteite in ons dorp te beperk,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir Mpumalanga.

“Die gemeenskap se insette en hulp word hoog op die prys gestel en kan tot almal in Piet Retief se veiligheid bydra. Ons wil inwoners daarom aanmoedig om deel te word van die buurtwag,” sê CJ Pieterse, leier van AfriForum se Piet Retief-buurtwag.

Raak vandag nog by AfriForum se plaaslike veiligheidstrukture betrokke: SMS jou dorp se naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings