AfriForum se Piet Retief-tak maak dorp skoon


Die AfriForum-tak in Piet Retief het onlangs ’n skoonmaakprojek in dié dorp van stapel gestuur en reeds die spruit naby Westendstraat skoongemaak.

“Die tak is deur verskeie raadop inwoners genader om in te gryp. Die netheid van die dorp is vir baie inwoners belangrik en deur selfdoeninisiatiewe soos hierdie kan die gemeenskap help om ’n wesenlike verskil te maak,” sê Willem Grobler van AfriForum se Piet Retief-tak.

Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga, sal die tak deurlopend soortgelyke aksies in die dorp aanpak.

“Munisipaliteite versuim dikwels hul plig om dorpe te in stand te hou. Waar gemeenskappe egter saamstaan en self ingryp, word hul minder van die regering afhanklik,” sê Bekker.

Soortgelyke plasings