|

AfriForum se Pionier-tak dra by tot Boks vir ’n Boer-projek

AfriForum se Pionier-tak in Meyerspark het die naweek van 24 tot 25 Oktober sowat drie ton se goedere aangery na Boshof as deel van die Boks vir ’n Boer-projek.

Agt lede van die Pionier-tak het Saterdagoggend om 10:00 na Boshof vertrek om die goedere te gaan aflewer, waar dit verder versprei is na boere op plase wat deur die onlangse brande geraak is.

“Die ondersteuning en hulp vir hierdie saak is ongelooflik en AfriForum sal aanhou om te help waar ons kan,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

“Van my kant af wil ek net vir Alice Cory (buurtwagvoorsitter van die Pionier-tak), André Badenhorst sr., André Badenhorst jr. (tesourier) asook hul familielede en ander lede wat betrokke was met die reëlings ten opsigte van vervoer en administrasie, bedank vir hulle bydrae en opoffering,” sê Robert Koch, voorsitter van die AfriForum se Pionier-tak.

“Dit is merkwaardig om te sien hoe mense saamstaan en hul hande en harte oopmaak in tye van nood. Ons is baie dankbaar vir al die skenkings wat tot dusver ontvang is en vir die harde werk wat ons strukture in hierdie tyd verrig,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Pionier-tak betrokke en word deel van die oplossing: SMS jou naam na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings