|

Malema en Ndlozi se aanrandingsverhoor uitgestel tot Maart 2021

Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, se verhoor op ’n aanklag van aanranding is uitgestel tot 9, 10 en 11 Maart 2021. Johannes Venter, die SAPD-kolonel wat na bewering aangerand is, het tydens die hofverrigtinge op 28 en 29 Oktober 2020 getuig.

Malema en Ndlozi word uiteindelik ná volgehoue druk deur AfriForum deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-kolonel. Dié voorval is op kringtelevisiekameras vasgevang.

“Dit is ’n baie ernstige oortreding om ’n polisieman in uniform aan te rand. Malema is verder ook ’n lid van die parlement en moet dus ’n voorbeeld stel vir sy volgelinge en die publiek. Ons land het reeds ’n groot probleem as dit kom by geweld en daarom is dit belangrik dat politici verantwoording moet doen indien hulle hul skuldig maak aan hierdie tipe gedrag,” sê Monique Taute, hoof van Veldtogte by AfriForum.

Soortgelyke plasings