| |

AFRIFORUM SE SPRINGS-BUURTWAG PATROLLEER MEER AS 5 000 KM IN AUGUSTUS

AfriForum se Springs-tak en -buurtwag het hard gewerk in Augustus om die gemeenskap veilig te hou. Dié buurtwag het vandeesmaand altesaam 5 578 km tydens patrollies afgelê en 557 ure se tyd daaraan bestee. Dié patrollies is in die strate van Springs gehou in ’n poging om misdaad in die gebied te voorkom.

Die tak het verder hulp verleen in die bestryding van twee brande, ’n gewapende roof en drie motorongelukke. Elke patrolleerder is opgelei om ’n verskeidenheid van voorvalle te hanteer binne die raamwerk van die wet.

Intussen het die tak ook gefokus op die heropening van plaaslike stortingsterreine en om probleme rondom rioolstorting in die gebied op te los.

“Hierdie is vrywilligers wat hul tyd opoffer om op ’n onbaatsugtige manier die gemeenskap van Springs te dien om ’n beter en veilige toekoms vir elkeen te verseker,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

“Dit was voorwaar ’n merkwaardige maand vir AfriForum se Springs-tak. Elke persoon is dit aan hulself verskuldig om by ’n georganiseerde gemeenskapstruktuur betrokke te raak,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Raak vandag nog by dié AfriForum-tak betrokke deur ’n e-pos te stuur na springs@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings