AfriForum se Springs-tak leer selfverdedigingstegnieke aan


Die AfriForum-tak in Springs het op 28 April selfverdedigingsopleiding vir nagenoeg 30 tak- en buurtwaglede in dié dorp aangebied.

“Alle Suid-Afrikaners moet oor die vermoë beskik om hulself te verdedig. Gevaarlike situasies kan enige tyd opduik en daarom is dit vir AfriForum belangrik dat ons lede dié vaardigheid aanleer,” sê Morné Greyling, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Springs-tak.
Volgens Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak, beplan die burgerregte-organisasie om voortdurend soortgelyke opleiding in samewerking met verskeie rolspelers aan te bied. “Selfverdedigingklasse vorm deel van die opleiding wat AfriForum se buurtwaglede aan die gemeenskap bied met die doel om inwoners te bemagtig om hulself beter in tye van gevaar te beskerm.”

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings