|

AfriForum se Stellaland-takke skop jaar goed af

AfriForum se strukture in Vryburg en Delareyville het die jaar op ’n hoë noot afgeskop deur volhoubare projekte aan te pak en ondersteuning aan die SAPD te bied.

Die Delareyville-tak het al meer as 119 sakke teer uitgegee aan gemeenskapslede wat self inspring om die slaggate in die dorp te vul. 

Intussen het die Vryburg-tak die konsentrasiekamp verder onderhou deur die gras te sny en onkruid te verwyder. Die tak het die konsentrasiekamp aangeneem en sal voortgaan om die area te onderhou. Die Vryburg-buurtwag het ook hulp aan die SAPD verleen toe ’n verdagte voertuig deur die SAPD afgetrek en deursoek is. Daar is beslag gelê op 30 bondels koperdraad en die ongelisensieerde voertuig.

“AfriForum sal aanhou om misdaad in geteikende areas te bekamp en om ondersteuning aan die SAPD te bied. AfriForum se Delareyville-tak wil graag die gemeenskap bedank vir hul deelname aan die projek en aanmoedig om betrokke te bly.  Ons sal aanhou om projekte ten bate van die gemeenskap van stapel te stuur en om gemeenskappe te mobiliseer deur aksies soos dié aan te pak,” sê Jp Nel, distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum se Stellaland-takke het verskeie projekte beplan vir die jaar en wil graag die gemeenskappe aanmoedig om betrokke te raak. 

Raak vandag nog by AfriForum se takke betrokke, en help om jóú omgewing te beveilig en skoner te maak: SMS “Jou dorp se naam” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings