| | |

AfriForum se Steynsrus-tak skenk handreiniger aan die gemeenskap

Die AfriForum-tak in Steynsrus het op 22 April 2020 handreiniger aan Huis Onze Rust in dié dorp geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Dié tak het 70 botteltjies, wat altesaam 25 liter is, geskenk.

Die COVID-19-krisis het tehuise vir bejaardes onkant gevang en hulle was nie voorbereid op die toename in die gebruik van mediese voorraad nie. Die personeel en inwoners van die tehuis was baie dankbaar vir dié skenking.

“Dit is ’n voorreg dat ons die dorp se bejaardes, wat vir ons baie belangrik is, in hierdie tyd kan ondersteun. Ons het ook groot waardering vir die personeel wat na hulle omsien – daarom het ons graag die skenking gemaak om ook hulle veiligheid te verseker. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe by te staan en ondersteuning en hulp te bied waar ons kan,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Word deel van die verskil en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1). Saam kan ons meer verrig.

Soortgelyke plasings