|

AfriForum se Strand Patrol-buurtwag arresteer 21 misdadigers in September

AfriForum se Strand-tak en die Strand Patrol-buurtwag het in samewerking met die plaaslike polisie, Fidelity ADT, AM Security en Vetus Schola 21 arrestasies in September uitgevoer.

Soos wat die misdaad toeneem, neem AfriForum se Strand Patrol-buurtwag se betrokkenheid in die gemeenskap ook toe. Die verhouding tussen AfriForum se Strand Patrol-buurtwag en polisielede van die Strand is sterk, effektief en dien ook as ’n voorbeeld van hoe samewerking kan plaasvind om gemeenskappe se veiligheid te prioritiseer.

Kol. Khunjulwa Khanyile, stasiebevelvoerder, het AfriForum se Strand Patrol-buurtwag persoonlik bedank vir die arrestasies. Gesamentlike operasies word ten minste twee weekliks in samewerking met die Strand-polisie en die sektorbevelvoerder, sers. Vicky van Zyl, uitgevoer.

“Ons wil ’n spesiale dank gee aan al die polisielede van die Strand, asook aan kol. Khanyile en sers. Van Zyl. Dankie ook aan die buurtwaglede wat daadwerklik bydra om misdaad in die gemeenskap te beveg,” sê KC Gericke, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Strand-tak en leier van die Strand Patrol-buurtwag.

AfriForum se Strand Patrol-buurtwag is daagliks aktief betrokke om die gemeenskap te beveilig. Raak vandag nog by AfriForum se Strand-tak betrokke: www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings