|

AfriForum stig Harold-plaaswag in George

AfriForum het op 2 November 2021 die Herold-plaaswag in die landelike gebied noord van George gestig. Dié plaaswag sal die Klipdrift/Mounthope-, Harold- en Heimersrivier-omgewing help beveilig.

Die plaaswag se bestuur bestaan uit: Kemp Myburgh (plaaswagleier), Dian Heyns, Dean Barnard, Paul Maré en Elzanne Fourie.

Volgens Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap, kan die beveiliging van ’n gebied nie in silo’s bedryf word nie en die Harold-plaaswag sluit met dié stigting by ’n netwerk van ander AfriForum-strukture aan. AfriForum glo daarin dat alle veiligheidsrolspelers moet saamwerk aan ’n gemeenskaplike doel en ons vat graag hande met die groter gemeenskap van George en omliggende areas om die gebied te beveilig.”

“Die veiligheidsuitdagings wat die boerderygemeenskappe deesdae in die gesig staar vereis dat ’n boer toegerus is met die nodige kennis om met selfvertroue op te tree en goeie besluitneming aan die dag kan lê. Ons sal dus spoedig met opleiding begin om die plaaswag te bemagtig,” sê David Olivier, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir die suidstreek.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings