|

Middelburg-tak gee DBV nuwe lagie verf

AfriForum se Middelburg-tak het op op Vrydag 11 Augustus fase 3 van ’n projek voltooi wat die tak op 8 Julie saam met Mejuffrou Mpumalanga Toerismekoningin (“Miss Mpumalanga Tourism Queen”) geloods het om die krake in die hoofgebou en dierehokke van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Middelburg te vul en dit oor te verf.

Die DBV se geboue het dringend onderhoud nodig gehad, maar ongelukkig het die organisasie nie die geld om dit te laat doen nie. Hulle spandeer al hulle fondse op die diere se kos, mediese uitgawes en algemene welstand. Daarom het AfriForum se Middelburg-tak deurgedruk en ’n kontrakteur aangestel om die geboue en dierehokke oor te verf nadat die krake herstel is.

“Hierdie projek het net meer as R20 000 gekos en die tak is bly dat hulle kon help. Ons bedank elkeen wat bereid was om hul tyd op te offer om ’n verskil te maak. Organisasies soos dié het al die hulp nodig wat hulle kan kry en ons moedig ondernemings en inwoners aan om te help waar hulle kan,” sê Magiel Ebersohn, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

Klik hier en raak vandag nog by AfriForum se Middelburg-tak betrokke.

Soortgelyke plasings