|

AfriForum se Teks-buurtwag bemagtig gemeenskap met regs-en-risiko-opleiding

AfriForum se Teks-buurtwag het op Donderdag 23 Februarie regs-en-risiko-opleiding, by die Anker-gemeente in Secunda, vir die gemeenskap van Trichardt, Evander, Kinross en Secunda aangebied.

Hierdie opleiding het op regsaspekte gefokus en die kursusgangers met die nodige kennis toegerus sodat hulle binne die raamwerk van die wet kan optree gedurende buurtwag verwante, asook private aangeleenthede. Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder het die opleiding aangebied.

“Ons is verbind om ons gemeenskap te help en daarom moet ons weet hoe om op te tree,” sê Dawie Taljaard, voorsitter van AfriForum se Teks-buurtwag.

“’n Gemeenskap wat weet hoe om binne die raamwerk van die wet op te tree is noodsaaklikheid in Suid-Afrika, slegs hierdeur kan ons daadwerklik ’n slag teen misdaad slaan,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder van AfriForum.

Sluit vandag nog by AfriForum se Teks-buurtwag aan : SMS “Teks” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings